Friday, November 17, 2006

BEST MEMORIES SO FAR

  1. Rollerblading past the boathouses in Phillie
  2. Weekending in NYC with Amy
  3. Breaking the ice with the gang in the Tally Ho the day before the interns arrived and getting roaring drunk
  4. In search of Chuck Norris Tshirts with Fico and Nancy
  5. Bon Jovi - 40,000 Bad Medicine in Phillie
  6. Def Leppard in Redneck Scranton with Doctor Bill, Tequila and the gang
  7. Me, Fico and Nancy on the grass at 4 in the morning with the cops
  8. My project team shaping up and loving it!
  9. Doing the first Seven Habits course, making a difference
  10. Phillie hukas with Kevin, Mellissa and Mimi - locking lips and making memories!
  11. Bermuda cruise with Quentin and Phillipa, golf, scuba, cycling, friendship and added value!
  12. Mexico City week with Ricardo, Great parties, La Opera and Gabriel and the gang
  13. Cuernavaca party, Blanca and Dani
  14. Tepotzlan with the Spanish School gang
  15. 4 scuba day in Playa
  16. Week 1 at Las Piramides, Dark Fern performs, great friendship
  17. The Xela vibe, volunteering




Friday, November 03, 2006

MY GEBED

Here, dankie vir my gesondheid. Dankie vir gesonde liggaam wat ongelooflike goed kan doen, en waarvan ek net begin het om die beperkings te ken. Dankie vir ´n gesonde en sterk verstand, gesonde bene, arms, ore en oë. Dankie vir die feit dat ek normaal is seksueel, dankie vir die feit dat ek lank en sterk is, dankie vir my vel wat die son goed weerstaan.

God, dankie vir my familie. Vir my Ma Benny en my Pa Matie, my Suster Karla. Dankie vir alles wat hulle vir my in die lewe beteken en dat ek altyd kan staatmaak op hul ondersteuning en liefde. Dankie vir oumas, ooms, tannies, neefs en niggies... dankie vir my familie wat nie deur bloed nie maar deur jare se gedeelde ervarings ook myne is.

God, dankie vir my vriende. Vir my vriende by die huis Deon, Grant, Hugo, Johan, Kappie, Andy, Charlene, Karla, Dave, Callie, Cobus, Rooibal, Igor, Jakes, Anti, Stefan, Matie, Angela, Michele, Inge, Gina, Arrie, Charlee, Tania, Peter, Estelle, Louise, Fred, Lizelle, Beate. Dankie vir alles wat hulle vir my in my lewe beteken het, en ek hoop dat daar nog baie goeie herinneringe vorentoe kan wees.
Dankie vir my vriende regoor die wereld: Ricardo, Fico, Nancy, Dror, Chilik, Colin, Catherina, Rob, Ryan, Nick, Sergej, Quentin, Richard, Kevin, Robbo, Chris, Susie, Lush... mag ek aanhou werk aan daardie verhoudings om hul sterker en sterker te maak...

God, dankie vir my onderwysers: My Pa, my Ma, my Suster, Mnr Smit, Mev van Rensburg, Mnr Louw, Mev Strombeck, Jannie Gildenhuys, Grant Mackintosh, Richard Lord, Stephanus Loubser, Mary Frances, Frederico Pastor, Ricardo Monroy, Morne du Preez, Arrie van der Merwe, Charlee Scholtz, Dror Dotan, Dave Sell, Ryan Millella, Stephen Covey, Koos Bekker, Jack Welch, Raymond Ackerman, Henriette Mathewson, Elena Klimenko, Sharon Truan, Louise Eksteen, Deon Coetzee, Werner Kapp, Hugo de Wet, Dave Ruiter, Dave Ierland, Tannie Elsa, Oumas, Sergej, Johan. Almal het iets bygedra tot wie en wat ek is...

God, dankie vir my studente: My suster, GV06, my 7 Habits groep, my projekgroep, Mandy, Sashan by emigrasie, Ricardo, die girl op die bus in NZ, die jongmense wat ek aangestel het en wat dit gemaak het... ek hoop daar kan nog baie wees.

God, dankie vir my suksesse: A, golf onder baansyfer, Argus onder 3h30, B Rek, MBA, die kwaliteit van my vriende, die relatiewe sukses van my loopbaan, ´n suksesvolle tyd in Brittanje, GV02 en GV06, die TRT kongres, Parlement, EC, Maties, BAT, Capespan, Parmalat, Kilimanjaro, DC, Elena, Henriette. Help my asb om voort te bou, maar indien daar nie nog is nie, om te weet dat daar al baie bereik is...

God, dankie vir my mislukkings: KZN, derde jaar Universiteit, Naspers, SFW, Metropolitan, Parmalat, RBM, Henriette, Elena, Petra, eerste twee maande in London, Huis Marais, my gewig. Mag ek iets geleer het uit almal en dit gebruik om vorentoe te beur...

God, dankie vir my gelukkies: Die Hole-in-one, die tydsberekening op die verkoop van Maties en die beurs, my geboorte, dat ek nog nooit my paspoort verloor het nie, RWC99 by die treinstasie, dat die Bokke 95 gewen het, die trein in Europa toe ek 18 was, die insident in Freiburg, Robbo se meisie se vriendin in Brisbane, Bon Jovi, Global Village, Andre Fick, die outjie voor my eerste Argus op die afdraand, dat die set ingegaan het by plate play-offs. Dit is maar net ´n paar, maar hulle het so baie verskil gemaak...

God, dankie vir my wonderlike voorregte: Vriende, familie, materiele welvaart, gesondheid, gesonde verstand. Help my asb om dit te temper met ´n geestelike waarde van mededeelsaamheid, verdraagsaamheid en welwillendheid.